Pretoria

Pretoria
Stad
Kloksgewys van links-bo: Pretoria-stadskern, Voortrekkermonument, Kerkplein, Paleis van Justisie, Loftus Versfeld, Admingebou van die Universiteit van Pretoria en die Uniegebou.
Kloksgewys van links-bo: Pretoria-stadskern, Voortrekkermonument, Kerkplein, Paleis van Justisie, Loftus Versfeld, Admingebou van die Universiteit van Pretoria en die Uniegebou.
Vlag van Pretoria
Vlag
Wapen van Pretoria
Wapen
Byname: 
Jakarandastad
Leuse(s): 
Præstantia Prævaleat Prætoria[1]
(Latyn vir: "Mag Pretoria toonaangewend in uitnemendheid wees")
Pretoria is in Gauteng
Pretoria
Pretoria
 Pretoria se ligging in Gauteng
Koördinate: 25°44′46″S 28°11′17″O / 25.74611°S 28.18806°O / -25.74611; 28.18806Koördinate: 25°44′46″S 28°11′17″O / 25.74611°S 28.18806°O / -25.74611; 28.18806
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Tshwane
Stigting16 November 1855[2]
Regering
 • BurgemeesterCilliers Brink (DA)
Oppervlak
 • Stad687,54 km2 (265,46 vk. myl)
 • Metro
6 298 km2 (2 432 vk. myl)
Hoogte
1 339 m (4 393 ft)
Bevolking
 (2011)[3]
 • Stad741 651
 • Digtheid1 079/km2 (2 790/vk. myl)
 • Metro
2 921 488
 • Metrodigtheid460/km2 (1 200/vk. myl)
Demoniem(e)Pretorianer
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense52,5%
 • Indiërs/Asiërs1,9%
 • Bruin mense2,5%
 • Swart mense42,0%
 • Ander1,2%
Taal (2011)
 • Afrikaans 47,7%
 • Engels 16,4%
 • Noord-Sotho 8,0%
 • Tswana 5,4%
 • Ander 22,5%
Poskode (strate)
0002
Poskode (posbusse)
0001
Skakelkode012
WebwerfTshwane-munisipaliteit

Pretoria (Suid-Ndebele: iPitori) is die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika en is geleë in die provinsie Gauteng, ongeveer 50 km noord van Johannesburg. Die stadsgebied word deurkruis deur die Magaliesbergreeks.

Pretoria se stadshorison

Pretoria is op 16 November 1855[4] deur die Voortrekkers gestig en het in 1860 die hoofstad van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) geword en in 1910 Transvaal ook die nuutgestigte Unie van Suid-Afrika se uitvoerende hoofstad geword. Kaapstad is sedert 1910 die wetgewende hoofstad en Bloemfontein die geregtelike hoofstad.

In vergelyking met die naburige Johannesburg het Pretoria, wat eers in 1931 stadstatus verkry het, teen 'n stadiger tempo gegroei. Eers toe die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het, het Pretoria gaandeweg in belangrikheid toegeneem. Die stad dien tans oorwegend as 'n administratiewe sentrum, en die plaaslike dienstesektor verskaf die meeste werkgeleenthede. Nogtans beskik Pretoria oor 'n nywerheidsbasis, wat veral op die yster- en staalbedryf, asook motorvervaardiging steun, en dien daarnaas as 'n spoorwegsentrum.

Pretoria se tersiêre opvoedingsinstellings sluit die Universiteit van Suid-Afrika (gestig in 1873 en tans een van die vernaamste instellings ter wêreld vir afstandsonderwys), die Universiteit van Pretoria (gestig in 1908) en die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie in.

Sedert 2000 vorm Pretoria deel van die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit. Op 7 Maart 2005 het die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit onder gesag van die ANC in 'n vergadering besluit om die Stad Tshwane formeel as 'n geografiese pleknaam te registreer op die databasis van die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad (SAGNR) in terme van die SAGNR Wet 118 van 1998. Sedertdien was die vorige Tshwane metroraad in 'n omstrede proses betrokke om Tshwane as die amptelike en enigste naam van die stad te vestig.[5][6] In Augustus 2007 het die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad egter bevestig dat Pretoria se naam nie verander sal word nie. Tot in 2019 is die stad se amptelike naam nie verander nie en dit blyk nou al meer onwaarskynlik dat dit hoegenaamd nog sal gebeur.

  1. (en) "Pretoria (South Africa)". Crwflags.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2019. Besoek op 12 Februarie 2019.
  2. (en) "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 24 September 2016.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 "Hoofplek Pretoria". Sensus 2011.
  4. (en) Allen, Vivien, Kruger's Pretoria, A.A. Balkema Publishers, Cape Town, 1971, bl. 2.
  5. (en) Pretoria name change is approved
  6. (af) Beeld, 21 Februarie 2012

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search